Tuesday, November 22, 2005

PROFILE: VINCENT OLIPHANT


Vincent Oliphant is in 1954 op Alicedale gebore en woon in Port Elizabeth. Hy het wiskunde doseer aan Dower-Opleidingskollege, en is tans ‘n kurrikulum adviseur by die Departement van Onderwys. Hy debuteer in 1983 met Bloed vloei in stilte (Tafelberg) en in 1998 verskyn Die sagte vlees (Tafelberg).
Hy debuteer in 1983 met Bloed vloei in stilte (Tafelberg) en in 1998 verskyn Die sagte vlees (Tafelberg).

‘n Uittreksel uit sy gedig "woorde" gee mens 'n blik van die mens Vincent Oliphant:

my woorde het nie die byt
van koeëls en grofgeskut nie
nee
my woorde kan bloot bid
en pleit
en wens
medeburgers van die lewe
dat ons van grense sal vergeet
en bloot mens sal wees
en medemens…

Skrywer profiel van VINCENT OLIPHANT soos op TAFELBERG UITGEWERS se webtuiste

Vincent Oliphant is op 8 April 1954 gebore op Alicedale, ’n klein Oos-Kaapse dorpie naby Port Elizabeth.
Hy het sy laerskoolloopbaan voltooi aan die Alicedale Metodiste Primêre skool waarna hy standerds 6 en 7 aan die Uitenhage Hoërskool voltooi het. Die laaste drie van sy skooljare het hy aan die Hoërskool Paterson in Port Elizabeth voltooi.
Hierna is hy na die Universiteit van Wes-Kaapland waar hy ’n B.Sc.-graad met Wiskunde en Fisika as hoofvakke, asook ’n Sekondere Onderwys Diploma voltooi het. In hierdie tydperk het hy sy liefde vir skryf uitgeleef deur by die kampus skryfkring aan te sluit. Hy sou later sy formele opleiding by wyse van ’n B.Ed-graad en later ’n M.Ed-graad in Wiskunde-onderrig aan die Universiteit van Rhodes voltooi.
Sy eerste bundel, wat uit persoonlike gedigte bestaan het, is in 1981 onder die titel Bloed vloei in stilte deur Tafelberg Uitgewers gepubliseer. Na ’n lang stilte het sy tweede bundel Die sagte vlees in 1998 by Tafelberg-Uitgewers verskyn. Die gedigte in hierdie bundel is meer gevarieerd as sy eerste werk en sluit onder andere sosiaal-politieke sowel as persoonlike, veral liefdesgedigte in. Die bundel is oor die algemeen deur kritici sowel as deursnee lesers baie goed ontvang.
In 1995 het hy die tweede prys behaal in ’n poësie-kompetisie wat deur die Belgiese kultuurorganisasie, Concept, aangebied is. Die tema van die kompetisie was Vrede, Vriendskap En Verdraagsaamheid.
’n Ander hoogtepunt was sy uitnodiging in 1996 om aan die jaarlikse Poetry International Fees in Rotterdam deel te neem. Hierdie gebeurtenis was vir hom ’n onvergeetlike ervaring. ’n Paar van die gedigte in Die sagte vlees het in Rotterdam ontstaan.
Benewens sy belangstelling in skryfwerk het hy ’n standhoudende belangstelling in wiskunde-onderrig. Soos in sy poësie, probeer hy leerlinge en studente se ervaring van wiskunde as vak sover as moontlik vermenslik.

Bron: Tafelberg Uitgewers
Vir meer inligting oor Vincent Oliphant, besoek Tafelberg Uitgewers se webtuiste:
Klik hier: http://www.nb.co.za/Tafelberg/tbAuthorCV.asp?iAuthor_id=2367

Saturday, November 19, 2005

POEMS

Vincent Oliphant se woordgevoelige verse gee mens hoendervleis. Sy gedigte weerspieël die broosheid van die mens wat jou met ‘n gevoel van magteloosheid en terselfdetyd ook hoop vir die mensdom laat. Die temas in Oliphant se gedigte is van so 'n aard dat mense hulle daarmee kan vereenselwig.

2 ENGLISH POEMS:

melancholy

slender girl in a chair
hair slowly tenderly swirling
gingerly slipping
into pins and slides
hiding in the twirling hive
revealing the sensitive nape
the bare fragility
dare one stare ?

earlier I had seen her eyes
the colour of an uncried cry

sitting with her head slightly bowed
that’s how I imagine it now

wondering
why I’m drawing honey from hurt
painting pain as exquisite

© Vincent Oliphant

Visit to South End museum

Intimate shell of memories
I hear the stories you tell

A distant delicate bell
Chimes in this well of time

Who could ever remove this world ?
This haven that has remained
through time and wind and rain ?

Then one day
The law came to the door

I looked up
But the sky gave no reply

I looked down
And this entire world
Lay broken on the ground

Now I’m looking into this picture
Looking at this wide frame of faces
Wishing I could name each one
Trace each back to the moment it was born
I stare
At this web of souls now torn
And flung
To far corners of the Bay

But they have not gone away
These voices are coming
Like the slow whispering of water
Telling me
Not of sentiment and sweet nostalgia

But of how easily we crush
And turn to dust
The beauty and the best in us

© Vincent Oliphant

2 AFRIKAANSE GEDIGTE

gebed tot die bome

mag ek altyd die voorreg hê
die voorreg om julle só te sien staan
sagmoedige stil monnike

julle wat nog nooit ‘n hand teen iemand gelig het nie
gee my iets van julle heiligheid
sodat ek uiteindelik die byl neer kan lê
hierdie wapen wat ek so ongenaakbaar teen julle opneem
julle wat só hulpeloos met jul voete in die aarde geanker staan

waardige vriende
julle wat ten spyte van alles steeds my asem aan my gee
gee my méér
gee my die wysheid om te weet
hoe ek julle liefde kan beantwoord
sodat ek weer die tuin mag betree
om sáám met julle my plek in te neem
om sáám ‘n nuwe gees met die grond te laat groei
my vriende
my behoud

Uit die bundel "GROEN" Gedigte oor die omgewing, saamgestel deur Johann Lodewyk Marais, HAUM-Literêr, 90/3

iets

iets wat verlore moes wees
iets uit ‘n vergange tyd
iets sonder naam
het behoue gebly

ek sien dit as jy uitgelate lag
en jou oë blink
soos granate

as jy brabbeltaal met babas praat
of in stilte
gare deur ‘n kleed laat gly

iets wat verby moes wees
iets wonderbaarliks
iets waardeur ek ‘n kykie
op die geheim van lewe kry
is my beskore

ek is uitverkore

© Vincent Oliphant

Tuesday, November 15, 2005

INTERVIEWS / ONDERHOUDE

Vincent Oliphant se verse vloei in stilte
SELWYN MILBORROW


"Kleur is nie ‘n brandmerk nie; kleur is mooi. Kleur, met of sonder "-ling", is móói…" Selwyn Milborrow het met digter Vincent Oliphant hieroor en ook sy digbundels gepraat.

Vincent Oliphant se woordgevoelige verse weerspieël die broosheid van die mens. Dit laat jou met ‘n gevoel van magteloosheid en terselfdetyd ook hoop vir die mensdom. Die temas in sy gedigte is van so 'n aard dat mense hulle daarmee kan vereenselwig.
Hy debuteer in 1983 met Bloed vloei in stilte (Tafelberg) en in 1998 verskyn Die sagte vlees (Tafelberg) wat goeie blootstelling kry danksy die tv-sepie Sewende laan, asook die tv-joernaalprogram Pasella.
Hy is tans kurrikulum adviseur by die Departement van Onderwys.
Na die verwoestende veldbrande wat die Oos-Kaap gekasty het, wonder ek wanneer ‘n nuwe bundel uit sy pen soos welkome reëns die droogte kom breek.
Die volgende oggend bel ek Oliphant en is gelukkig om ‘n onderhoud te reël, want afgesien van sy werk, gee hierdie man in sy vrye tyd klas by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit. Hy is ook besig met navorsing in wiskunde-onderrrig. Oppad na sy huis wonder ek wat sy indrukke rondom die derde Swart Afrikaanse Skrywersimposium is. Dit was juis by die heel eerste simposium waar die tonge geklap het oor Oliphant se bundel Bloed vloei in stilte omdat dit nie protes-poësie was soos van swart skrywers van daardie tydperk nie.
"Ek was te besig met ‘n struggle van my eie," glimlag hy nederig.
In sy eerste bundel is die aanwesigheid van moeder en broer baie opmerklik. Hoe verskil dit van Die sagte vlees?
"Bloed vloei in stilte was baie na binne gerig; Die sagte vlees daarenteen meer gebalanseerd, meer volwasse."
Wat inspireer hom om te skryf, of verander dit soos mens ouer word?
"Dit bly nog grootliks dieselfde: Liefde, verlange, verlies… die romantiese temas."
Lees hy ander skrywers, en indien wel, wat lees hy?
"Ja, van my gunsteling skrywers is Milan Kundera, John Updike en Andre P. Brink ."
Hy het onlangs saam met sowat 130 Afrikaanse skrywers sy steun aan die beswaarskrif teen dubbelmediumonderrig by die US toegesê. Ek wou weet of die bestaan van Afrikaans bedreig word en of Marius Titus in die kol is met sy gedig "Skryfwerk" waarin hy sê:

"Soe, die beste manier omme taal te bewaar is:
Liesit, praattit, skryffit, ontginnit en bedryffit.
Net soelank jy my verstaan
stap skryf en taal ‘n lang pad saam."

"Ek is nie deel van die totale aanslag denkskool nie. Ek dink nie dat Afrikaans, of enige ander taal, moedswillig benadeel word nie. Benadeling kan egter ‘n onbedoelde gevolg wees. Verder is ek ten gunste van inisiatiewe wat ons veeltalige erfenis beskerm. Taal is immers nie net ‘n kommunikasie medium nie; dit is ook ‘n draer van kultuur. Dit is teen hierdie agtergrond dat ek die beswaarskrif gesteun het."
Na aanleiding van sy brief wat onlangs in Rapport verskyn het lei mens af dat hy trots is om "bruin" en "kleurling" genoem te word. Daarin sê hy "Kleur is nie ‘n brandmerk nie; kleur is mooi. Kleur, met of sonder "-ling", is móói…".
Dink hy daar is belangstelling onder bruines wat hul taal en identiteit betref, en is daar stemme wat opgaan vir 'n ontluikende bruin nasionalisme?
"Ek hou nie van die idee van etniese nasionalisme nie. Dit klink te veel na laer trek, en impliseer ‘n ons-teen-hulle houding. Ek het in my artikel ‘n positiewe inhoud aan bruinwees of kleurlingwees probeer gee. Die negatiewe konnotasies wat aan ons as ‘n groep mense geheg word, soms selfs vanuit eie geledere, het my die laaste tyd gesteur."
Hoe dan so, Vincent? "Ek vermoed dat die voortgesette teenkanting teen die benaming kleurling daarmee te doen het dat die term gemengdheid impliseer.
Gemengdheid word dan, miskien meestal onbewustelik, teenoor suiwerheid gestel. Ek is egter van mening dat gemengdheid of hibriditeit iets positiefs kan wees omdat dit dui op ‘n wyer, ryker herkoms. Ek sou bly wees as ons intellektuele en ander meningsvormers die oormatige sensitiwiteit rondom hierdie kwessie wou laat vaar."

‘n Hoogtepunt vir hom was in 1996 toe hy genooi was om aan die jaarlikse Poetry International Fees in Rotterdam deel te neem. Vir my is hierdie onderhoud met Vincent Oliphant beslis ‘n hoogtepunt in my lewe.
Soos in sy poësie, probeer hy leerlinge se ervaring van wiskunde as vak sover as moontlik vermenslik. Toe ek groet besef ek Vincent Oliphant is bloot ‘n reisiger wie deur sy skryfwerk die reis vir andere so maklik moontlik wil maak. Hy is digter, akademikus, man, pa, maar bo als is hy mens en medemens.
‘n Uittreksel uit sy gedig "woorde" gee ons ‘n goeie blik van die mens Vincent Oliphant:

my woorde het nie die byt
van koeëls en grofgeskut nie
nee
my woorde kan bloot bid
en pleit
en wens
medeburgers van die lewe
dat ons van grense sal vergeet
en bloot mens sal wees
en medemens…

٭ Selwyn Milborrow is ‘n digter en arbeidspraktisyn.

Monday, November 14, 2005

ARTICLES & REVIEWS


Vincent launched his second book of poems "Die sagte vlees" in 1998.
The book was launched in the then King George VI Art museum (Now renamed, Nelson Mandela Art museum) in Port Elizabeth.
The following review was written by Roline Norval and published in "Die Burger":

Regte resep, energie lok weer vol sale - Die Burger, 10 November 1998 – Roline Norval
DIE SAGTE VLEES, 'n program uit die werk van Vincent Oliphant, opgevoer deur Peaat. Regie: Johan Theart. In die Koning George VI Kunsmuseum. DIE ekstra betekenis en genot wat uit gedigte geput kan word wanneer die kommunikasie tussen digter en leser nie bloot beperk word tot die blaaie van 'n digbundel nie, was duidelik by Peaat se bekendstelling van Vincent Oliphant se jongste digbundel. Die regisseur Johan Theart se geesdrif vir die gedigte was een van die groot redes vir die sukses van dié aanbieding. Sy veelsydige agtergrond in die toneel- en musiekwêreld het hom met meer moontlikhede laat speel. Die gedigte het nie net met voorlees 'n nuwe dimensie gekry nie, maar ook deur 'n toonsetting van Zelda Potgieter, ge¨nterpreteer deur die mezzo-sopraan Lucretia Geswint. Die opvoering van ``Woorde'' het Oliphant self ook met nuwe oë na sy gedig laat kyk, het hy agterna gesê. Dit was veral die gehalte van die skeppende energie wat mens imponeer het. Sommige het vir die musiek gekom en is deur die woorde oorrompel, terwyl ander weer vir die woorde gekom het en deur die musiek verras is. In die hande van Erna Theart, Selwyn Milborrow en Thinus du Preez het elk 'n spesifieke interpretasie aan die gedigte gegee. Theart met humor en ironie, Milborrow met deernis en ingetoë emosie en Du Preez besadig en onderblemtoon. Die aard van Oliphant se gedigte met temas waarmee almal hulle kan vereenselwig maak dit besonder toeganklik om voorgelees te word.